5 March 2012
Dear Prayer Partner
Rejoice with all the Afrikaans speaking prayer partners that the prayer letter will in future be available in Afrikaans.
I have such interesting and exciting news to share with you and trust that you will be overtaken with joy once you realise that the Lord wants to make use of you in his service as a prayer partner. Thank you so much for all your prayers to date. Maybe you are of the opinion that your contribution did not add up to much. However, let me assure you from the Word of the Lord that your prayers made a significant difference and will continue to do so until the Lord returns. According to Rev 5: 8 your prayers are held in a golden bowl and rise like incense before the Lord. The most powerful prayers in the Bible were short and to the point.
This prayer letter will only cover the matters that will take place under the ministry of our brother Angus over the next 2 months, some of which have already been noted in the previous letter.
Three campaigns will take place in the next two months. Let us ask the Lord earnestly to:
• Manifest his presence and blessing at these campaigns that will take place on: 10 March, MMC Polokwane; 21 April, Mitchells Plain Campaign, 15h00; 28 April, MMC Karoo
• Draw great numbers to attend the meetings and allow the confirmation of the Word with signs and miracles.
• Grant repentance and salvation to unbelievers and to cause those that have grown cold to return.
• Fill Angus with the Holy Spirit in order to enable him to minister the word with power.
• Ensure the security, health, safety and humility of Angus.
• Enfold Jill in His arms of love for allowing her to release her husband to make the gospel known to the lost.
The Premiers of the film ORDINARY PEOPLE will take place soon. Let us ask the Lord
• To use this film to the honour and glory of His name, not only in South Africa but also in the uttermost parts of the earth.
• For a favourable report from all the church leaders and special guests that will attend the premiers in Cape Town, 14 March; Johannesburg, 15 March; Bloemfontein, 28 March and Durban, 29 March.
• For the protection of FC Hamman and his team that is working with him, against the onslaught of the forces of darkness.
• To grant wisdom in respect of the promotion and marketing of the film in order to achieve the highest possible success.
• That all 100 theatres where ORDINARY PEOPLE will be released be filled to capacity from the first to the last day.
• To use the people that may be touched by the film to encourage others to see the film as well.
Remember to pray continuously for the preaching of the gospel by Angus on various television programmes in South Africa and elsewhere in the world but more particularly for the new ‘Family Time’ broadcasted daily from 05:55 to 06:00 on ETV
May the blessing of the Lord be your portion and may you be encouraged to rejoice in serving Him.
SHALOM GEBEDSBRIEF 2012 (2/2012)
5 Maart 2012
Mede Gebedsvriend
Mag die Heilge Gees jou hart warm maak vir die Here Jesus Christus met die lees van hierdie, die eerste gebedsbrief van ons in Afrikaans! Ons gaan poog om hiermee vol te hou in die toekoms.
Ek het sulke interessante en opwindende nuus met jou te deel en vertrou dat jy so oorrompel sal wees met vreugde dat jy self kragtig deur die Here gebruik gaan word. Baie dankie vir al jou gebedsinsette in die verlede. Miskien het jy gedink dat jou ou gebedjie nie ‘n verskil gemaak het nie. Kom ek verseker jou, met gesag uit die Woord van die Here, dat dit ‘n geweldige verskil gemaak het en dat dit sal aanhou tot die wederkoms van ons Here Jesus Christus. Kyk gerus na Openb 5:8. U gebed bly in die hemel en gaan soos ‘n soet geur op voor die Here! Die kragtigste gebede, opgeem in die Bybel, was kort en tot die punt.
Hierdie gebedsbrief deel net met die dinge wat gaan plaasvind onder die bediening van ons broer Angus, in die volgende 2 maande.
Drie veldtogte gaan plaasvind in die volgende 2 maande. Kom ons vra Hom met êrns
• Vir Sy teenwoordigheid en seën op die veldtogte wat gaan plaasvind op: 10 Maart, MMC Polokwane; 21 April, Mitchells Plain Veldtog, 15:00; 28 April, MMC Karoo.
• Om groot getalle mense na die dienste te trek en om sy woord te bevestig met tekens en wonders.
• Vir die bekering van ongelowiges en vir die terugkeer van die wat afgedwaal het.
• Dat Angus deur die krag van die Heilige Gees die Woord van die Here sal bedien.
• Vir Angus se beskerming, veral sy gesondheid, veiligheid en nederigheid.
• Om Jill te omvou met Sy liefde omdat sy Angus aan die Hom afstaan sodat dat die Evangelie by die wat verlore is kan uitkom.
Die premiers van die rolprent ORDINARY PEOPLE gaan eersdaags plaasvind. Kom ons vra die Here
• om hierdie rolprent kragtig en tot die eer van Sy Naam te gebruik, nie net in Suid Afrika nie maar oor die hele wêreld en in al die tale van alle nasies.
• Vir ‘n gunstige reaksie by die duisende kerkleiers en uitgenooide gaste wat die Premiers gaan bywoon in Kaapstad 14 Maart; Johannesburg 15 Maart; Bloemfontein 28 Maart en Durban 29 Maart.
• Die beskerming van FC en sy span wat saam met hom gewerk het en nog werk.
• Vir wysheid oor die promosie en bemarking van die rolprent vir die grootste moontlike sukses.
• Dat al 100 teaters waar ORDINARY PEOPLE op 5 April vrygestel gaan word, vol gaan wees, asook alle vertonings daarna
• Almal wat deur die Heilige Gees aangeraak gaan word, talle andere sal bring om die evangelie te hoor.
Onthou ook om aanhoudend te bid vir die Evangelie wat Angus tans daagliks bedien op verkeie televisie programme in Suid Afrika en wêreldwyd en veral die nuwe 5 minute oordenking om 05:55 tot 06:00 Maandag to Saterdag op ETV. Kyk gerus self daarna en moedig ander aan om dit te doen.
Mag die seën van die Here jou erfdeel wees en jou bemoedig om jou in sy diens te verbly.
LEON VERMEULEN
GEBEDSKOöRDINEERDER: SHALOM BEDIENINGE
| < Prev | Next > |
|---|
Thank you for your support.

