shalom logo

DONATIONS

creditcardThank you for your support.

>>Click here

GPS co: 29°08'24.22"S 30°36'45.57"E

You are here: Home » Newsletters » Paasfees Gebedsbrief/Easter Prayer Letter 2012

Paasfees Gebedsbrief/Easter Prayer Letter 2012

E-mail Print PDF

SHALOM MINISTRIES: GEBEDSBRIEF

4 April 2012

Liewe Gebedsvriende,

Hierdie is ‘n besonderse tyd van die jaar. Ja, dit Paastyd, ‘n periode van groot verdriet as ons moet nadink hoevel pyn en lyding ons Vader en ons Here Jesus moes verdra en deurstaan ten einde verlossing beskikbaar te maak aan die hele wêreld. Dit is ook ‘n tyd van groot vreugde vir ons wat vrygekoop, gewas en geheilig is in Christus Jesus tot die verheerliking van ons Vader in die Hemel, wat Christus Jesus uit die graf uit opgewek het en ons die hoop gee om uit die dood opgewek te word met die wederkoms van Christus. Kom laat ons begin met ‘n gebed van dankbaarheid vir die groot dinge wat Hy vir almal van ons gedoen het. ‘Hemelse Vader, ons gee aan u al die eer en dank dat u wil geskied het, dat u koningkryk gekom het na die wat vrygekoop is hier op die aarde net soos u dit bepaal het in die Hemel.’

Hierdie gebedsbrief het in die verlede uitgegaan na ‘n databasis van ongeveer 55 000 adresse. Die van u wat hierdie gebedsbrief ontvang verteenwoordig slegs hulle wat geskakel het met die nuwe en goedkoper opsie genaamd Communicator. Dit kan ‘n lang tyd neem om almal weer te bereik soos in die verlede maar ons vertrou dat, met jou hulp en ernstige gebede ons weer die data basis sal groei tot die oorspronklike sterkte. U kan solank begin deur te klik op die woord ‘SHARE” op die keusepaneel van Communicator en die naam of name en Epos adres van die persone, wat u wil aanmoedig om die nuusbrief en gebedsbrief te ontvang, in te vul.

Die belangrike gebeurtenisse vir hierdie maand is die volgende.

  • Die rolprent Ordinary People wat op 5 April in 100 teaters oor die hele Suid Afrika begin draai. Bid asseblief, so gereeld as wat die Heilige Gees julle herinner, vir die sukses daarvan veral om siele aan te raak vir die Here.
  • Mitchells Plein, Kaapstad op 22 April. Mense van elke ras en kleur gaan daar wees. Vra die Here vir die insameling van ‘n groot oes van nuwe siele en afvalliges. Vra ook dat die Woord elke person wat teenwoordig is sal aanraak en dat hulle harte weer vir Hom sal brand sodat dit weer deur hulle verder geneem kan word.
  • Die MMC KAROO, Rusoord plaas, Middelburg op 28 April. Ons weet hoe kragtig die Here die MMC gebruik het in die verlede. Bid dat hierdie weer ‘n geleentheid gaan wees vir die manne om hulle ou nature af te lê en deur die Heilige Gees vernuwe gaan word vir hulle vroues, kinders en die gemeenskap as ‘n geheel.

Dankie vir u toewyding tot gebed. Mag die teenwoordigheid van die Here en Sy intimiteit jou deel wees soos jy jou verhouding met Hom, voortbou. Aan hom al die eer en heerlikheid.

Wees sterk in die Here en in die krag van sy sterkte.

LEON VERMEULEN

GEBEDSKOöRDINEERDER: SHALOM BEDIENINGE

 

SHALOM MINISTRIES: PRAYER LETTER

4 April 2012

Dear Prayer partner,

This is a special time of the year. Yes, it is Easter time, a time of great sadness when we consider how much pain our Farther and his Son, our Lord and Saviour, had to endure in order to make salvation available to the whole world. It is also a time of great joy for us that have been redeemed, washed and sanctified in Christ Jesus to the glory of our Father in Heaven, who raised Christ from the grave and gave us the hope of resurrection on His return. Let us, therefore, commence with a prayer of thanksgiving for the great things He has done! ‘Heavenly Father, we offer you honour and glory and praise that your will was done, that your Kingdom came to the redeemed on the earth as it was determined in heaven.’

This prayer letter used to go to a data base of approximately 55 000 addresses. Those of you who receive this letter represent only the ones that linked with the new and cheaper method called Communicator. However, with your help and fervent prayers we will be able to grow the data base again to its original strength. You can start off by going to ‘SHARE’ on the Communicator menu and prayerfully fill in the name of a friend or friends that you think would like to receive the Shalom News and the Prayer Letter.

The main events for this month are

  • The film Ordinary People will commence on the 5th April in 100 theatres across South Africa. Pray as often as the Holy Spirit will remind you for the success of this film in bringing souls to the Lord.
  • Mitchells Plain on the 22nd April in Cape Town. People from every race and colour in South Africa will be there. Ask the Lord for a great harvest of new souls and backsliders. Pray fervently that the Word may touch everyone present, that their hearts may be set on fire for the Lord so that the Word may be taken further by them.
  • The MMC KAROO Rusoord Farm Middelburg 28th April. We know very well how the Lord has used the MMC to date. This will again be an opportunity for men to lay down the old nature and be renewed again for their wives, families and the community.

Thank you for your commitment to prayer. May the Lord’s presence and intimacy be your portion as you continue with your relationship with Him. To Him be all the honour and the Glory.

Be strong in the Lord and in the power of his might.

 

LEON VERMEULEN

PRAYER CO-ORDINATOR: SHALOM MINISTRIES

Add comment


Security code
Refresh

footer_image_grass

Additional content